SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2The problematic nature and joint control of immigrants in the European Union: lessons for South AfricaLand and transformation: historical context and outline of the process of land reform, 1994-2010 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    WESSELS, Buks. Die gebruik van die VSA dollar as internasionale sleutelvaluta en die voordele daarvan vir die VSA. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp. 161-177. ISSN 0041-4751.

    Die VSA dollar as sleutelvaluta het die afgelope sestig jaar en meer die internasionale monetêre en ekonomiese toneel oorheers. Die dollar se rol as 'n sleutelvaluta word nie deur ander mededingende valutas bedreig nie. Ander geldeenhede kan nie naastenby met die dollar meeding nie, terwyl die dollar al die verlangde funksies van 'n sleutelvaluta vervul. Hieruit spruit buitengewone voordele vir die VSA, wat die fokuspunt van die artikel uitmaak. Die VSA bekom naamlik 'n uiters gunstige en soepel posisie om sy lopende rekening-tekorte op 'n goedkoop wyse te finansier. Verder investeer die VSA hierdie lae rente-draende buitelandse dollarverpligtinge in buitelandse bates wat beduidend hoër opbrengste as die koste van die buitelandse verpligtinge het. Die VSA omskep die korttermyn geleende fondse na langtermyn bates met 'n hoër opbrengs en word dus 'n winsgewende waagkapitalis. Laasgenoemde verskans die VSA se netto internasionale inkomsteposisie en versag ook die nadelige gevolge van 'n depresiasie in die wisselkoers van sy eie geldeenheid. Sodoende onttrek die VSA enorme voordele uit die globale ekonomie wat ander lande nie beskore is nie. Die artikel toon dat die VSA die buitengewone voorreg het om 'n lewenstandaard ver bó verdienste te geniet en dat die gewilligheid van ander lande om die VSA goedkoop te finansier hom toegang gee tot 'n spandabelrige lewenswyse. Boonop voorsien die oorheersing van die dollar die VSA van die middele om buitelandse militêre operasies, diplomatieke sendings en maatskaplike hulpverlening te finansier met voordele wat vanaf ander lande na die VSA oorgedra word.

    Keywords : dollar; dollar oorheersing; VSA hegemonie; sleutelvalutastatus; internasionale monetêre eenheid.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans