SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

MESSERSCHMIDT, Johanna J.E.  y  MESSERSCHMIDT, Hans J.. Voorwaardelike konstruksies met indien soos gebruik in wetenskaplike tydskrifte (deel 1: basiese konstruksies). Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.124-141. ISSN 2224-7912.

Die beskrywing van die gebruike van voorwaardelike konstruksies met indien, soos wat dit in artikels in wetenskaplike tydskrifte voorkom, word vanweë die omvang daarvan in twee dele verdeel. Hierdie artikel vorm die eerste deel en handel oor basiese indien-konstruksies. In 'n basiese konstruksie bestaan die saamgestelde sin uit 'n bysin wat deur die onderskikker indien ingelei word en 'n hoofsin. Sintakties beskou is die indien-sin 'n adjunk in die hoofsin en die samestellende sinne bind hipotakties. Semanties gesproke gaan dit om twee stande van sake waarvan die een (uitgedruk in die protasis) die ander een (uitgedruk in die apodosis) tot gevolg het. In basiese indien-konstruksies gaan die protasis (p) die apodosis (q) vooraf. Uit 'n verskeidenheid moontlike parameters is die mate van waarskynlikheid dat 'n stand van sake gerealiseer sal word as rigtinggewer gekies om die gebruike van die indien-konstruksies in die data te klassifiseer. Vier breë kategorieë word bespreek, te wete mededelings oor die verlede, mededelings in teenwoordigetydvorm, voorspellende stellings en hipotetiese stellings. Geen duidelike grense bestaan tussen die kategorieë en subkategorieë nie en betekenisnuanses kan deur die interaksie tussen verskillende parameters verklaar word. Daar word aangetoon dat die ondersoek van outentieke taaldata onverwagte patrone blootlê.

Palabras clave : indien; voorwaardelike konstruksie; basiese indien-konstruksies; wetenskaplike taalgebruik; Teorie van Denkruimtes; denkruimte; protasisapodosis-volgorde; waarskynlikheidskontinuum.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons