SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MESSERSCHMIDT, Johanna J.E.  and  MESSERSCHMIDT, Hans J.. Voorwaardelike konstruksies met indien soos gebruik in wetenskaplike tydskrifte (deel 1: basiese konstruksies). Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.124-141. ISSN 2224-7912.

Die beskrywing van die gebruike van voorwaardelike konstruksies met indien, soos wat dit in artikels in wetenskaplike tydskrifte voorkom, word vanweë die omvang daarvan in twee dele verdeel. Hierdie artikel vorm die eerste deel en handel oor basiese indien-konstruksies. In 'n basiese konstruksie bestaan die saamgestelde sin uit 'n bysin wat deur die onderskikker indien ingelei word en 'n hoofsin. Sintakties beskou is die indien-sin 'n adjunk in die hoofsin en die samestellende sinne bind hipotakties. Semanties gesproke gaan dit om twee stande van sake waarvan die een (uitgedruk in die protasis) die ander een (uitgedruk in die apodosis) tot gevolg het. In basiese indien-konstruksies gaan die protasis (p) die apodosis (q) vooraf. Uit 'n verskeidenheid moontlike parameters is die mate van waarskynlikheid dat 'n stand van sake gerealiseer sal word as rigtinggewer gekies om die gebruike van die indien-konstruksies in die data te klassifiseer. Vier breë kategorieë word bespreek, te wete mededelings oor die verlede, mededelings in teenwoordigetydvorm, voorspellende stellings en hipotetiese stellings. Geen duidelike grense bestaan tussen die kategorieë en subkategorieë nie en betekenisnuanses kan deur die interaksie tussen verskillende parameters verklaar word. Daar word aangetoon dat die ondersoek van outentieke taaldata onverwagte patrone blootlê.

Keywords : indien; voorwaardelike konstruksie; basiese indien-konstruksies; wetenskaplike taalgebruik; Teorie van Denkruimtes; denkruimte; protasisapodosis-volgorde; waarskynlikheidskontinuum.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License