SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ROOS, Vera; COETZEE, Hendri  and  PUREN, Karen. Mense se ervarings in 'n natuurlike omgewing in die Vredefortkoepel, Suid-Afrika: implikasies vir ruimtelike ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.1, pp.68-85. ISSN 2224-7912.

Mense beleef kognitiewe, gevoels- en spirituele ervarings wanneer hulle in interaksie met natuurlike omgewings verkeer. Die meeste navorsing oor mense se interaksie met natuurlike omgewings fokus op die gesondheidsvoordele wat dit inhou. Daar is weinig inligting beskikbaar oor navorsing waar die insigte van gedragswetenskaplikes en ruimtelike beplanners gekombineer word om mense se interaksies in natuurlike omgewings te ondersoek ten einde die implikasies vir die ontwikkeling van natuurlike omgewings te bespreek. Die doel van die navorsing was om die spontane reaksies wat mense in 'n natuurlike omgewing ervaar en uitgedruk het, te beskryf en om voorstelle te maak wat deur stads- en streekbeplanners geraadpleeg kan word wanneer riglyne vir ontwikkeling voorgestel word. 'n Intrinsieke gevallestudie is gebruik en 12 deelnemers is deur middel van doelgerigte steekproefneming by die navorsing betrek. Kwalitatiewe navorsing is gebruik en data is deur middel van foto's, fokusgroepgesprekke en indiepte individuele onderhoude ingesamel en tematies ontleed. Die bevindinge dui daarop dat mense kognitiewe, affektiewe en spirituele ervarings in die natuurlike omgewing beleef het. Voorts is ook bevind dat uiteenlopende ervarings oor dieselfde omgewing ervaar is. Die nodigheid hiervan vir stads- en streekbeplanners is dat hulle moet kennis neem van die sensitiewe aard van die verhouding tussen mense en die natuurlike omgewing, aangesien dit belangrike implikasies het vir mense se geestesgesondheid. Verder word voorgestel dat die oënskynlike teenstrydige aard van die persoonlike betekenisse wat mense uit hulle interaksie met die natuurlike omgewing ontwikkel, nie geïgnoreer moet word in die beplanning van ontwikkelings nie, maar eerder deur middel van innoverende prosesse van openbare deelname, verreken moet word.

Keywords : mens-omgewinginteraksie; tevredenheid; nuuskierigheid; emosionele en fisiese veiligheid; hoop; ontvlugting; spiritualiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License