SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número1On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysisSustainability reporting in the mining sector: identifying critical issues índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SCHOOMBIE, Elize  y  VAN ZYL, Erna. Die voorkoms van depressiesimptome onder 12- en 13-jarige leerders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.1, pp.53-67. ISSN 2224-7912.

Navorsing wat gedoen is oor depressie onder vroeë adolessente berus grootliks op data wat deur ouers verskaf is, en lewer uiteenlopende resultate. Tydens hierdie literatuurstudie is bevind dat daar 'n toename in die voorkoms van depressie onder vroeë adolessente is. Hierdie empiriese studie is dus onderneem om te bepaal wat die voorkoms van depressiesimptome onder 12- en 13-jarige leerders in 'n primêre skool is, asook om te bepaal of daar enige intervensie plaasvind. Die gestandaardiseerde selfevalueringskaal, die "Children's Depression Inventory" (CDI), is as meetinstrument gebruik om die voorkoms van depressie te bepaal, terwyl 'n selfgestruktureerde vraelys gebruik is om biografiese besonderhede van die leerders te bekom. Die resultate van hierdie navorsing toon aan dat 10,8% van die respondente wel aan die kriteria vir depressiesimptome voldoen. Riglyne vanuit die literatuur is saamgestel om ouers en onderwysers bewus te maak van die vroeë waarskuwingstekens van depressie onder jong adolessente.

Palabras clave : Depressie; neerslagtigheid; identifisering van depressie; oorsake van depressie; biologiese veranderinge; sielkundige faktore; leerders; adolessente; primêre skool; selfevalueringsvraelys.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons