SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysisSustainability reporting in the mining sector: identifying critical issues author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SCHOOMBIE, Elize  and  VAN ZYL, Erna. Die voorkoms van depressiesimptome onder 12- en 13-jarige leerders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.1, pp.53-67. ISSN 2224-7912.

Navorsing wat gedoen is oor depressie onder vroeë adolessente berus grootliks op data wat deur ouers verskaf is, en lewer uiteenlopende resultate. Tydens hierdie literatuurstudie is bevind dat daar 'n toename in die voorkoms van depressie onder vroeë adolessente is. Hierdie empiriese studie is dus onderneem om te bepaal wat die voorkoms van depressiesimptome onder 12- en 13-jarige leerders in 'n primêre skool is, asook om te bepaal of daar enige intervensie plaasvind. Die gestandaardiseerde selfevalueringskaal, die "Children's Depression Inventory" (CDI), is as meetinstrument gebruik om die voorkoms van depressie te bepaal, terwyl 'n selfgestruktureerde vraelys gebruik is om biografiese besonderhede van die leerders te bekom. Die resultate van hierdie navorsing toon aan dat 10,8% van die respondente wel aan die kriteria vir depressiesimptome voldoen. Riglyne vanuit die literatuur is saamgestel om ouers en onderwysers bewus te maak van die vroeë waarskuwingstekens van depressie onder jong adolessente.

Keywords : Depressie; neerslagtigheid; identifisering van depressie; oorsake van depressie; biologiese veranderinge; sielkundige faktore; leerders; adolessente; primêre skool; selfevalueringsvraelys.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License