SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BARKHUIZEN, M  e  STEYN, HJ. Die moontlike verandering van uitkomsgebaseerde onderwys in die grondslagfase-klaskamer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.1, pp.36-52. ISSN 2224-7912.

'n Hele aantal punte van kritiek op die toepassing van Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) in die Suid-Afrikaanse onderwys is die afgelope aantal jare geopper en die sukses daarvan word ernstig betwyfel. Volgens Spady, die vader van UGO, het UGO in Suid-Afrika gefaal en moet dit onmiddellik gestaak word. Hy is van mening dat die groot administratiewe las wat op onderwysers gelaai is, die belangrikste rede is waarom die onderwysers se aandag afgetrek is van effektiewe onderwys. Die nuwe Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, is van mening dat UGO 'n te groot las op onderwysers gelaai het. Motshekga het daarom 'n radikale verandering in die aard van onderwys in die vooruitsig gestel en belowe dat sekere wetgewing en beleid in hierdie verband sal verander. In hierdie artikel word spesifiek die onderwysers, van die Grondslagfase, self aan die woord gestel ten opsigte van die probleme wat met die implementering van UGO ondervind is, asook ten opsigte van die veranderinge wat voorgestel is. Die fokus word ook geplaas op die wyse waarop hierdie onderwysers die veranderinge verstaan en laastens hoe hulle die uitwerking van die veranderinge op die opleiding van onderwysers verstaan. Die kwalitatiewe navorsingstradisie is toegepas en die navorser het die verlangde inligting aan die hand van onderhoude ingesamel. Uit die navorsing is dit duidelik dat die onderwysers ten gunste is van die voorgenome veranderinge en dat hulle van mening is dat daar meer spesifiek op lees, skryf en wiskundige bevoegdhede gefokus moet word. Voorts het hulle die vertroue uitgespreek dat die voorgenome verandering wel hul administratiewe werkslading sal verlig. Hulle is ook bekommerd dat daar in die voorstelle baie min na die doeltreffende opleiding van onderwysers verwys word.

Palavras-chave : Uitkomsgebaseerde Onderwys; onderwyskundige struktuur; kurrikula; Grondslagfase-onderwys; onderrigleer; onderwysers; leerders; onderwysers opleiding; onderwysverandering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons