SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BARKHUIZEN, M  and  STEYN, HJ. Die moontlike verandering van uitkomsgebaseerde onderwys in die grondslagfase-klaskamer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.1, pp.36-52. ISSN 2224-7912.

'n Hele aantal punte van kritiek op die toepassing van Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) in die Suid-Afrikaanse onderwys is die afgelope aantal jare geopper en die sukses daarvan word ernstig betwyfel. Volgens Spady, die vader van UGO, het UGO in Suid-Afrika gefaal en moet dit onmiddellik gestaak word. Hy is van mening dat die groot administratiewe las wat op onderwysers gelaai is, die belangrikste rede is waarom die onderwysers se aandag afgetrek is van effektiewe onderwys. Die nuwe Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, is van mening dat UGO 'n te groot las op onderwysers gelaai het. Motshekga het daarom 'n radikale verandering in die aard van onderwys in die vooruitsig gestel en belowe dat sekere wetgewing en beleid in hierdie verband sal verander. In hierdie artikel word spesifiek die onderwysers, van die Grondslagfase, self aan die woord gestel ten opsigte van die probleme wat met die implementering van UGO ondervind is, asook ten opsigte van die veranderinge wat voorgestel is. Die fokus word ook geplaas op die wyse waarop hierdie onderwysers die veranderinge verstaan en laastens hoe hulle die uitwerking van die veranderinge op die opleiding van onderwysers verstaan. Die kwalitatiewe navorsingstradisie is toegepas en die navorser het die verlangde inligting aan die hand van onderhoude ingesamel. Uit die navorsing is dit duidelik dat die onderwysers ten gunste is van die voorgenome veranderinge en dat hulle van mening is dat daar meer spesifiek op lees, skryf en wiskundige bevoegdhede gefokus moet word. Voorts het hulle die vertroue uitgespreek dat die voorgenome verandering wel hul administratiewe werkslading sal verlig. Hulle is ook bekommerd dat daar in die voorstelle baie min na die doeltreffende opleiding van onderwysers verwys word.

Keywords : Uitkomsgebaseerde Onderwys; onderwyskundige struktuur; kurrikula; Grondslagfase-onderwys; onderrigleer; onderwysers; leerders; onderwysers opleiding; onderwysverandering.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License