SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1Derounding in AfrikaansThe possible change of Outcomes-Based Education in the Foundation Phase classroom author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VISSER, Wessel. Die vestiging van Solidariteit se Helpende Hand as 'n suksesvolle gemeenskaps gebaseerde welsynsorganisasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.1, pp. 21-35. ISSN 0041-4751.

    Die vakbond Solidariteit, voorheen bekend as die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie, was waarskynlik die eerste vakbond in Suid-Afrika om sy eie, private welsynsdepartement tot stand te bring. Die oorspronklike doelwit van hierdie welsynsdepartement wat in 1949 gestig is, bekend as die Helpende Hand, was om Afrikaner-mynwerkers wat as gevolg van werksverwante ongelukke of omstandighede ongeskik vir werk geword het, finansieel te ondersteun. In 2001 is die welsynsdepartement opnuut bekendgestel om voortaan as Solidariteit Helpende Hand bekend te staan. Die Helpende Hand se bestek van welsynsbystand is ook uitgebrei na die groter Afrikaanssprekende gemeenskap selfs buite die vakbond en sodoende het dit tot 'n suksesvolle gemeenskaps gebaseerde welsynsorganisasie ontwikkel. Die organisasie se projekte behels onder andere noodlenigingskemas ten opsigte van voedselvoorsiening, 'n nasionale akademiese beursfonds en materiële bystand aan ouetehuise en kinderhuise.

    Keywords : Mynwerkersunie; poppefabriek; Solidariteit; Helpende Hand; Histadrut; welsynsdepartement; Afrikaner-mynwerkers; Flip Buys; welsynsbystand; noodleniging; voedingsprojekte; beursskema; Danie Langner; fondsinsameling; selfdoen.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans