SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número3Drama chronicle 2008-9Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KLEYNHANS, Ronel  y  KOTZE, Martina. Bestuurders en werknemers se houding teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp.404-418. ISSN 2224-7912.

Suid-Afrika is 'n land wat die afgelope twee dekades ingrypende veranderinge in die politieke arena ondergaan het. Hierdie veranderinge het aanleiding gegee tot verbeterde bestuur van die diverse Suid-Afrikaanse bevolking, wat die doeltreffende bestuur van persone met gestremdhede noodsaak. Gestremdheid is 'n internasionale verskynsel wat plaaslik, nasionaal en internasionaal kommentaar ontlok. Persone met gestremdhede verteenwoordig 'n groot persentasie van die bevolking wat graag wil werk, maar werkloos bly aangesien bestuurders nie hulle potensiaal erken nie. Die hoofrede vir die uitsluiting van persone met gestremdhede van die hoofstroom, is negatiewe houdings en vooroordele van persone sonder gestremdhede teenoor persone met gestremdhede, asook 'n gebrek aan bewustheid van die vermoë van persone met gestremdhede. Verskeie faktore beïnvloed die houdings van persone sonder gestremdhede teenoor persone met gestremdhede, byvoorbeeld die strategiese prioriteit wat bestuurders aan persone met gestremdhede gee. In die lig van bogenoemde, is die doel van hierdie studie om bestuurders en werknemers se houding teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek te ondersoek. Uit die resultate wat in die studie verkry is, kan verskeie aanbevelings gemaak word, byvoorbeeld dat bestuurders 'n verhoogde bewustheid van die voordele van 'n diverse werksmag moet ontwikkel, en meer spesifiek van die bydrae wat persone met gestremdhede in die werksplek kan lewer

Palabras clave : diversiteit in die werksplek; gestremdheid in die werksplek; vooroordele teenoor persone met fisieke gestremdhede; houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede; diskriminasie teenoor persone met fisieke gestremdhede.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons