SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue3Drama chronicle 2008-9Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912

Abstract

KLEYNHANS, Ronel  and  KOTZE, Martina. Bestuurders en werknemers se houding teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp. 404-418. ISSN 2224-7912.

Suid-Afrika is 'n land wat die afgelope twee dekades ingrypende veranderinge in die politieke arena ondergaan het. Hierdie veranderinge het aanleiding gegee tot verbeterde bestuur van die diverse Suid-Afrikaanse bevolking, wat die doeltreffende bestuur van persone met gestremdhede noodsaak. Gestremdheid is 'n internasionale verskynsel wat plaaslik, nasionaal en internasionaal kommentaar ontlok. Persone met gestremdhede verteenwoordig 'n groot persentasie van die bevolking wat graag wil werk, maar werkloos bly aangesien bestuurders nie hulle potensiaal erken nie. Die hoofrede vir die uitsluiting van persone met gestremdhede van die hoofstroom, is negatiewe houdings en vooroordele van persone sonder gestremdhede teenoor persone met gestremdhede, asook 'n gebrek aan bewustheid van die vermoë van persone met gestremdhede. Verskeie faktore beïnvloed die houdings van persone sonder gestremdhede teenoor persone met gestremdhede, byvoorbeeld die strategiese prioriteit wat bestuurders aan persone met gestremdhede gee. In die lig van bogenoemde, is die doel van hierdie studie om bestuurders en werknemers se houding teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek te ondersoek. Uit die resultate wat in die studie verkry is, kan verskeie aanbevelings gemaak word, byvoorbeeld dat bestuurders 'n verhoogde bewustheid van die voordele van 'n diverse werksmag moet ontwikkel, en meer spesifiek van die bydrae wat persone met gestremdhede in die werksplek kan lewer

Keywords : diversiteit in die werksplek; gestremdheid in die werksplek; vooroordele teenoor persone met fisieke gestremdhede; houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede; diskriminasie teenoor persone met fisieke gestremdhede.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License