SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue3Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GROBLER, Jackie. Afrikaner- en Zoeloeperspektiewe op die Slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp.363-382. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die telkens uiteenlopende Afrikaner- sowel as Zoeloeperspektiewe oor een van die mees omstrede gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, naamlik die Slag van Bloedrivier, onder die loep geneem. Dit sluit beide geskrewe verslae en herinnerings oor die geveg in. Aangesien daar heelwat meer in Afrikaans en deur Afrikaners as deur Zoeloes oor die geveg geskryf is, word daar meer aandag aan Afrikaner as Zoeloeperspektiewe gegee. Dit is opvallend dat die menings van Afrikaners en Zoeloes oor verskeie belangrike aspekte, veral wat die verloop en uitslag van die geveg betref, ooreenstem. Tog is daar verskille wat in die artikel aangetoon word. Voorts is dit opvallend dat daar van ongeveer 1970 af by verskeie Afrikaanse skrywers 'n groot interpretasie-verandering ingetree het. Waar ouer skrywers geneig was om die Voortrekkeroorwinning aan goddelike ingryping toe te skryf, asof dit 'n wonderwerk was, het 'n nuwe geslag Afrikaanse skrywers na rasioneel-verklaarbare redes vir die oorwinning gesoek. En waar vroeëre skrywers geneig was om die uitslag as 'n oorwinning van Christendom oor barbarisme te beskou, neig die nuwe skrywers weg van sodanige oordele en toon hulle heelwat meer empatie met Dingane se bedreigde posisie as wat vroeëre skrywers gedoen het. Die finale gevolgtrekking in die artikel is dat die laaste woord oor Bloedrivier steeds nie gespreek is nie - geskiedenis is en bly 'n vakgebied van veranderende perspektiewe.

Keywords : Voortrekkers; Groot Trek; Bloedrivier; Afrikaners; Zoeloes; Dingane; Andries Pretorius; walaer; perdekommando; amabutho; gelofte; goddellike ingryping; Dingaansdag (Geloftedag).

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License