SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número3Franchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchisingAfrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LE CORDEUR, Michael. Hemisferiese integrasie en die rolprent Fiela se kind as onderrigstrategie om lees te bevorder. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp.346-362. ISSN 2224-7912.

Alhoewel die twee hemisfere van die menslike brein identies voorkom, toon navorsing dat elke hemisfeer oor gespesialiseerde funksies beskik. Die linkerhemisfeer is hoofsaaklik gespesialiseer om verbale kognitiewe vaardighede (bv. lees) te fasiliteer. Die regterhemisfeer is weer vir visuele en ruimtelike vaardighede gespesialiseer. Alhoewel die twee hemisfere elk gespesialiseerde funksies verrig, is die menslike brein altyd intak; dit wil sê die brein word optimaal benut as die twee hemisfere geïntegreerd funksioneer. By die onderrig van lees is dit dus belangrik dat 'n strategie wat integrasie tussen die twee hemisfere bewerkstellig en oordrag van begrip vergemaklik, nagestreef word. Uit die literatuurstudie blyk dit dat die gebruik van media soos rolprente tot hierdie integrasie kan bydra. In hierdie studie is die leesprobleme by graad 7-leerders (die ondersoekgroep) van een spesifieke skool ondersoek deur middel van 'n gevallestudie ondersteun deur 'n literatuurstudie. Eerstens het die literatuurondersoek 'n teoretiese begronding van lees verskaf. Dit het twee problematiese aspekte van lees ingesluit, naamlik gebrekkige leesbegrip en gebrekkige leesvlotheid. Tweedens is katalisators wat lees kan bevorder, naamlik die media, verken. As deel van die ondersoek is leesonderrigstrategieë ontwerp, gegrond op leerders se belangstelling in die media. Daarna is dit by die ondersoekgroep geïmplementeer om die sukses daarvan te bepaal. Uit die resultate blyk dit dat hemisferiese integrasie die leesvermoë van leerders in die ondersoekgroep kan verbeter mits daar betyds aan die leerders se leesprobleme aandag geskenk word. Die studie bevraagteken die doeltreffendheid van tradisionele leesonderrig en stel as alternatief 'n benadering geskoei op die beginsel van hemisferiese integrasie en gegrond op die media voor.

Palavras-chave : hemisferiese integrasie; rolprente; leesprobleme; leesbegrip; leesvlotheid; leesbevordering; media-leesonderrigstrategie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons