SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South AfricaUsing hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve reading author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN WYK, Gerhard  and  DE JAGER, Johan. Konsessiehouers se vlak van tevredenheid met die geleenthede en beperkings van konsessies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp.328-345. ISSN 2224-7912.

Konsessiehouers kla dikwels dat konsessiegewers nie aan hul behoeftes voldoen nie en daar is 'n algemene persepsie dat konsessiehouers ontevrede is met die geleenthede en beperkings van konsessies. Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die vlak van tevredenheid van konsessiehouers met die geleenthede en beperkings van konsessies. Die volgende konsessieelemente word by die ondersoek betrek: opleiding deur die konsessiegewer voorsien, die gebruik van 'n gevestigde handelsmerk, konsessies as 'n volledige besigheidstelsel (produk), die toekenning van spesifi eke geografiese gebiede en plaaslike en nasionale advertensie-veldtogte. Die data verteenwoordig twee groepe van dieselfde konsessie, naamlik konsessiehouers wat vir minder as twee jaar as konsessiehouers funksioneer en konsessiehouers wat vir twee jaar en langer as konsessiehouers funksioneer. Oorweging word gegee aan die mate waarin die twee groepe die konsessie-elemente verskillend waarneem. Die bevindings dui aan dat daar 'n hoë vlak van tevredenheid by konsessiehouers bestaan ten opsigte van die geleenthede en beperkings van konsessies, met die uitsondering van geïdentifiseerde uitdagings wat verder ontwikkel kan word om konsessiehouers se vlak van tevredenheid te verhoog.

Keywords : Konsessiehouertevredenheid; konsessiehouers en konsessiegewers; opleiding; konsessieverhoudings; geografiese gebiede; geleenthede en beperkings.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License