SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

COETZEE, H.K.; WISSING, M.P.  e  TEMANE, Q.M.. Die belewing van betekenisvolheid deur 'n groep Suid-Afrikaners. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp.293-312. ISSN 2224-7912.

Positiewe sielkunde, of psigofortologie, fokus op die verstaan en bevordering van psigologiese welstand. Dit is ook gerig op die identifisering en uitbou van sterkpunte by individue, families en gemeenskappe om lewenskwaliteit te bevorder en om voorkomend op te tree. Vanuit verskeie konseptualiserings oor psigologiese welstand het twee denkskole ontstaan, naamlik die hedoniese en eudaimoniese perspektiewe. Betekenisvolheid is een van die kernaspekte van die eudaimoniese verwysingsraamwerk en 'n belangrike komponent vir die verstaan van psigologiese welstand. Hierdie studie fokus op die persoonlike ervaring van betekenisvolheid deur individue op grondvlak. Kwalitatiewe en kwantitatiewe data-insamelingsmetodes is gebruik en aandag is spesifi ek gegee aan die belewing van betekenisvolheid in verskillende lewensdomeine. Ewe veel mans en vrouens (N=104) tussen die ouderdomme 30 en 50 jaar, en ewe veel met sekondêre of tersiêre opleiding, het die Eudaimonic-Hedonic Happiness Instrument (EHHI-i) voltooi nadat ingeligte toestemming verkry is. Kwalitatiewe data is gekodeer, in hoërorde-kategorieë geabstraheer en getransformeer in persentasies response per kategorie. Kwantitatiewe gegewens se gemiddelde tellings per lewensdomein is bereken. Die resultate van die kwalitatiewe sowel as die kwantitatiewe data dui daarop dat familie (1) en spiritualiteit (2) die lewensdomeine is waarin individue die meeste betekenisvolheid ervaar. Daarna volg die lewensdomeine werk, gesondheid, interpersoonlike verhoudinge en persoonlike groei. Die lewensdomeine waarin die respondente die minste betekenisvolheid ervaar het, is ontspanning, lewenstandaard, en gemeenskaps- en sosiale aktiwiteite. Die bevindinge het teoretiese en praktiese implikasies.

Palavras-chave : Betekenisbelewing; betekenisvolheid; Suid-Afrikaners; eudaimoniese perspektief; hedonistiese perspektief; lewensdomeine; psigologiese welstand; psigofortologie; positiewe sielkunde; familie; spiritualiteit; gesondheid; werk; ontspanning; lewenstandaard; gemeenskapsbetrokkenheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons