SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STEYN, GM. 'N skoolhoof se perspektief op professionele ontwikkeling: 'n enkele gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.243-260. ISSN 2224-7912.

Skole word tans met groot uitdagings gekonfronteer as gevolg van sosiale, ekonomiese en tegnologiese veranderinge. Volgehoue ontwikkeling en verbetering van skole ter wille van doeltreffendheid word verlang, en skoolhoofde en professionele ontwikkeling speel 'n belangrike rol hierin. In hierdie artikel word die volgende navorsingsprobleme aangespreek: Op watter wyse beïnvloed die skoolhoof se professionele ontwikkeling (PO) die skool? Wat is die skoolhoof se gesindheid teenoor PO? Watter rol speel die skoolhoof in sy eie ontwikkeling, die skool se ontwikkeling en die PO van personeel? Watter riglyne vir PO stel die skoolhoof voor? 'n Doelgerigte steekproef is in hierdie studie gebruik. In die steekproef word gefokus op 'n laerskool in Gauteng. Voorts is 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp gekies omdat dit die navorser in staat sou stel om die skoolhoof se perspektief op PO te verstaan. 'n Triangulasie van navorsingsmetodes sluit in foto's wat deur die skoolhoof geneem is (alhoewel dit nie by die studie ingesluit is nie), skriftelike bydraes, onderhoude met die hoof, veldnotas wat die navorser tydens onderhoude geneem het, 'n DVD oor die skool en deelnemerkontrole. Tesch se beskrywende metode vir oopkodering is gevolg om die data-analise te doen. Die volgende temas het na vore gekom: die skoolhoof se klem op eie professionele ontwikkeling, "don't be good, be the best, B+"; die vestiging van 'n waardestelsel; die kweek van wenners in die skool; "wat doen ons anders?"; en riglyne vir doeltreffende professionele ontwikkeling. Die studie maak dit duidelik dat die skoolhoof se voorbeeld van selfontwikkeling die vertrekpunt vir doeltreffende PO in die skool is. Met sy entoesiastiese leiding en die "vuur" in sy hart slaag hy daarin om personeel en leerders te motiveer om betrokke te raak by hulle eie ontwikkeling.

Keywords : professionele ontwikkeling; skoolontwikkeling; Suid-Afrikaanse skole; kwalitatiewe navorsing.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License