SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912

Resumo

VAN DER WALT, J L. Ubuntu-waardes: Samelewings- en pedagogiese verwagtinge. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp. 229-242. ISSN 2224-7912.

Volgens amptelike onderwysdokumentasie in Suid-Afrika is Ubuntu 'n "vital sentiment" wat na vore gekom het uit die politieke en onderwysstryd voor 1994. 'n Ontleding toon dat hierdie kernsentiment tot dusver nie gelei het tot enige betekenisvolle verbetering in die Suid-Afrikaners se lewensgehalte nie. Dit blyk onder meer uit die toename in misdaad en geweld, ook in skole. Hoewel Ubuntu inderdaad 'n aantal hoë morele beginsels beliggaam en ook 'n vorm van spiritualiteit omvat wat potensieel kan lei tot verbetering in Suid-Afrikaners se lewensgehalte, kon dit tot dusver nie omgesit word tot praktyk in die breë gemeenskap in die algemeen en in die skole/onderwys in die besonder nie. Daar word aan die hand gedoen dat die Ubuntulewensfilosofie in verskillende opsigte "opdateer" moet word sodat dit beter kan voldoen aan die morele en geestelike behoeftes van 21ste eeuse Suider-Afrikane.

Palavras-chave : opvoeding; onderwys; Ubuntu; gemeenskap; kommunaliteit; spiritualiteit.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License