SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER WALT, J L. Ubuntu-waardes: Samelewings- en pedagogiese verwagtinge. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp. 229-242. ISSN 0041-4751.

Volgens amptelike onderwysdokumentasie in Suid-Afrika is Ubuntu 'n "vital sentiment" wat na vore gekom het uit die politieke en onderwysstryd voor 1994. 'n Ontleding toon dat hierdie kernsentiment tot dusver nie gelei het tot enige betekenisvolle verbetering in die Suid-Afrikaners se lewensgehalte nie. Dit blyk onder meer uit die toename in misdaad en geweld, ook in skole. Hoewel Ubuntu inderdaad 'n aantal hoë morele beginsels beliggaam en ook 'n vorm van spiritualiteit omvat wat potensieel kan lei tot verbetering in Suid-Afrikaners se lewensgehalte, kon dit tot dusver nie omgesit word tot praktyk in die breë gemeenskap in die algemeen en in die skole/onderwys in die besonder nie. Daar word aan die hand gedoen dat die Ubuntulewensfilosofie in verskillende opsigte "opdateer" moet word sodat dit beter kan voldoen aan die morele en geestelike behoeftes van 21ste eeuse Suider-Afrikane.

Keywords : opvoeding; onderwys; Ubuntu; gemeenskap; kommunaliteit; spiritualiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans