SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2The use of body maps by educators in fulfilling their pastoral roleUbuntu values: societal and educational expectations índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912

Resumo

DOMAN, LCH  e  LE ROUX, A. Die oorsake van en bydraende faktore tot eensaamheid: 'n literatuuroorsig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp. 216-228. ISSN 2224-7912.

'n Groot deel van die bevolking ervaar gereeld eensaamheid en dit word as 'n algemene verskynsel in die menslike bestaan beskou. Verskeie studies dui daarop dat jong mense veral vatbaar is vir eensaamheid. Eensaamheid word ook beskou as 'n risiko-faktor vir 'n wye verskeidenheid probleme wat 'n potensiële gevaar vir die mens se gesondheid inhou. Verskeie faktore wat 'n invloed op die mate van eensaamheid het, is ook kenmerkend van die Suid-Afrikaanse konteks. Rokach se model van eensaamheidsvoorspellers dien in hierdie studie as basis vir die ondersoek na oorsaaklike/bydraende faktore tot eensaamheid. Vryetydsbesteding soos televisiekyk en internetgebruik speel ook 'n rol in eensaamheid. Hoewel dit nie moontlik is om die ervaring van eensaamheid te ontkom nie, kan dit verlig en minder pynlik gemaak word. Aanbevelings rakende die ondersoek na bydraende faktore tot eensaamheid word gemaak. Kennis van die faktore wat 'n rol in eensaamheid speel, kan die impak van eensaamheid op mense se geestesgesondheid aansienlik verminder.

Palavras-chave : eensaamheid; Rokach se model; eensaamheidsvoorspellers; depressie; huwelikstatus; geloof.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License