SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2Who are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South AfricaThe causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature review índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

FERREIRA, Ronél; EBERSOHN, Liesel  y  MCCALLAGHAN, Malize. Die gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders tydens vervulling van hulle pastorale rol. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.197-215. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel fokus op die bevindinge van 'n kwalitatiewe studie na die moontlike gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders tydens vervulling van hulle pastorale rol. Die studie is vanuit die konstruktivisties-interpretivistiese paradigma onderneem en het op 'n instrumentele gevallestudie as navorsingsontwerp gesteun, waartydens aksie-navorsingsbeginsels geïmplementeer is. Intervensie, fokusgroepbesprekings, reflektiewe joernale, visuele tegnieke, observasie en veldnotas is aangewend as data-insamelings- en -vasleggingstegnieke. Die studie het deel uitgemaak van die breër STAR -navorsingsprojek en parallel verloop met 'n studie wat die verband tussen herinneringswerk ("memory work") en beradingsvaardighede ondersoek het. Tien opvoeders aan 'n primêre skool in 'n informele nedersetting het deelgeneem aan die studie. Basislyninligting, wat gegenereer is tydens die eerste veldbesoek, het daarop gedui dat opvoeders oor insig beskik het in terme van die teoretiese aard van die pastorale rol tydens die aanvang van die studie, maar dat hulle die praktiese toepassing van dié rol as uitdagend beleef het. Na afloop van die tweede veldbesoek en voltooiing van 'n navorsingsopdrag deur die deelnemers, is twee hooftemas geïdentifiseer. Eerstens het deelnemers aangedui dat hulle die liggaamsportrettegniek op geslaagde wyse kon gebruik binne klasverband en dat hulle die tegniek as bruikbaar beleef het vir vervulling van hulle pastorale rol binne die skoolkonteks. Die tweede tema dui daarop dat bepaalde praktiese oorwegings geld wanneer die tegniek gebruik word en dat die liggaamsportrettegniek - benewens die tradisionele wyse van toepassing - ook op alternatiewe wyses toegepas kan word deur opvoeders wanneer hulle hul pastorale rolverantwoordelikhede nakom.

Palabras clave : Informele nedersetting; konstruktivisties-interpretivistiese paradigma; kwesbare kinders; liggaamsportret; liggaamsportrettegniek ("body map"); houers van herinnering ("memory box technique"); herinneringswerk ("memory work"); pastorale rol van opvoeders; Suid-Afrikaanse onderwysbeleid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons