SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2Who are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South AfricaThe causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

FERREIRA, Ronél; EBERSOHN, Liesel  and  MCCALLAGHAN, Malize. Die gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders tydens vervulling van hulle pastorale rol. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.197-215. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel fokus op die bevindinge van 'n kwalitatiewe studie na die moontlike gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders tydens vervulling van hulle pastorale rol. Die studie is vanuit die konstruktivisties-interpretivistiese paradigma onderneem en het op 'n instrumentele gevallestudie as navorsingsontwerp gesteun, waartydens aksie-navorsingsbeginsels geïmplementeer is. Intervensie, fokusgroepbesprekings, reflektiewe joernale, visuele tegnieke, observasie en veldnotas is aangewend as data-insamelings- en -vasleggingstegnieke. Die studie het deel uitgemaak van die breër STAR -navorsingsprojek en parallel verloop met 'n studie wat die verband tussen herinneringswerk ("memory work") en beradingsvaardighede ondersoek het. Tien opvoeders aan 'n primêre skool in 'n informele nedersetting het deelgeneem aan die studie. Basislyninligting, wat gegenereer is tydens die eerste veldbesoek, het daarop gedui dat opvoeders oor insig beskik het in terme van die teoretiese aard van die pastorale rol tydens die aanvang van die studie, maar dat hulle die praktiese toepassing van dié rol as uitdagend beleef het. Na afloop van die tweede veldbesoek en voltooiing van 'n navorsingsopdrag deur die deelnemers, is twee hooftemas geïdentifiseer. Eerstens het deelnemers aangedui dat hulle die liggaamsportrettegniek op geslaagde wyse kon gebruik binne klasverband en dat hulle die tegniek as bruikbaar beleef het vir vervulling van hulle pastorale rol binne die skoolkonteks. Die tweede tema dui daarop dat bepaalde praktiese oorwegings geld wanneer die tegniek gebruik word en dat die liggaamsportrettegniek - benewens die tradisionele wyse van toepassing - ook op alternatiewe wyses toegepas kan word deur opvoeders wanneer hulle hul pastorale rolverantwoordelikhede nakom.

Keywords : Informele nedersetting; konstruktivisties-interpretivistiese paradigma; kwesbare kinders; liggaamsportret; liggaamsportrettegniek ("body map"); houers van herinnering ("memory box technique"); herinneringswerk ("memory work"); pastorale rol van opvoeders; Suid-Afrikaanse onderwysbeleid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License