SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KROUKAMP, Hendri. Innoverende openbare sektoronderrig en opleiding in 'n ontwikkelende Suid-Afrika: Die impak van en response op globalisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.157-168. ISSN 2224-7912.

Aan die begin van die 21ste eeu is globalisering waarskynlik een van die mees opmerkbare wêreldwye tendense. Dit reflekteer 'n interafhanklike toestand in die wêreld en dui aan hoe gebeurtenisse, geskilpunte en uitdagings in een deel van die wêreld 'n effek op ander dele het. Baie ontwikkelende lande word in hierdie proses agtergelaat en bly arm, met steeds stygende ongelykhede - beide in en tussen verskillende lande. Suid-Afrika was en is in die gelukkige posisie dat die wêreld sy deure oopgemaak het en daar dus uit wêreldwye ervarings geleer kan word. Alhoewel aanvanklik gedink is dat globalisering net met die ekonomie vereenselwig kan word, het dit ook 'nimpak op die politieke, maatskaplike en kulturele aspekte binne 'n samelewing en verg derhalwe nuwe innoverende openbare sektoronderrig en opleiding. Die vinnig toenemende globalisering het verder belangstelling in transnasionale regeringsmodelle gesti muleer, asook belangstelling in burgerskapdefinisies aangewakker. Vir hierdie doeleindes is dit belangrik om te verseker dat doeltreffende openbare sektoronderrig en opleiding relevant tot globalisering aangebied word.

Palabras clave : Globalisering; globale mededinging; Nuwe Openbare Bestuur (NOB); openbare administrasie onderrig; openbare administrasie opleiding; leierskap; Senior Bestuursdiens (SBD); gehalteversekering; institusionele oudit; nasorgprogramme.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons