SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

KROUKAMP, Hendri. Innoverende openbare sektoronderrig en opleiding in 'n ontwikkelende Suid-Afrika: Die impak van en response op globalisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.157-168. ISSN 2224-7912.

Aan die begin van die 21ste eeu is globalisering waarskynlik een van die mees opmerkbare wêreldwye tendense. Dit reflekteer 'n interafhanklike toestand in die wêreld en dui aan hoe gebeurtenisse, geskilpunte en uitdagings in een deel van die wêreld 'n effek op ander dele het. Baie ontwikkelende lande word in hierdie proses agtergelaat en bly arm, met steeds stygende ongelykhede - beide in en tussen verskillende lande. Suid-Afrika was en is in die gelukkige posisie dat die wêreld sy deure oopgemaak het en daar dus uit wêreldwye ervarings geleer kan word. Alhoewel aanvanklik gedink is dat globalisering net met die ekonomie vereenselwig kan word, het dit ook 'nimpak op die politieke, maatskaplike en kulturele aspekte binne 'n samelewing en verg derhalwe nuwe innoverende openbare sektoronderrig en opleiding. Die vinnig toenemende globalisering het verder belangstelling in transnasionale regeringsmodelle gesti muleer, asook belangstelling in burgerskapdefinisies aangewakker. Vir hierdie doeleindes is dit belangrik om te verseker dat doeltreffende openbare sektoronderrig en opleiding relevant tot globalisering aangebied word.

Keywords : Globalisering; globale mededinging; Nuwe Openbare Bestuur (NOB); openbare administrasie onderrig; openbare administrasie opleiding; leierskap; Senior Bestuursdiens (SBD); gehalteversekering; institusionele oudit; nasorgprogramme.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License