SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

WOLHUTER, CC; HIGGS, P; HIGGS, LG  e  NTSHOE, IM. Die tanende aantreklikheid van die akademiese professie in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.141-156. ISSN 2224-7912.

Die doel van dié artikel is om met behulp van die data van die CAP (Changing Academic Profession) internasionale ondersoek na die akademiese professie te bepaal hoe aantreklik die Suid-Afrikaanse akademiese professie, vanuit hulle belewenis, die akademiese professie as loopbaan bevind. Uit die ondersoek blyk dit dat akademiese personeel in Suid-Afrika onder groot werkdruk verkeer. In vergelyking met ander professionele lui word hulle onderbesoldig. Boonop het hulle, onder 'n groeiende bestuurskultuur, baie van die vryheid en outonomie wat histories aan die akademiese professie gekoppel is, prysgegee. Dan het hulle ook nog ander frustrasies, byvoorbeeld die instroming van akademies swak voorbereide studente, en 'n gebrek aan toereikende navorsingsbefondsing. Volgens beskikbare getuienis is die aantreklikheid van die akademiese professie as 'n loopbaan in Suid-Afrika besig om te taan, en 'n aansienlike persentasie van akademici oorweeg dit om die professie te verlaat. In die lig van die kardinale belang van die hoër onderwyssektor in die ontplooiende kennissamelewing van die een-en-twintigste eeu, behoort die aangeleentheid as 'n saak van dringende prioriteit aandag te geniet.

Palavras-chave : Akademiese professie; CAP-ondersoek; hoër onderwys; univer siteitsonderrig; navorsing; akademiese ondernemerskap; bestuurskultuur; werkstevredenheid; kennissamelewing; onderwystransformasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons