SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

WOLHUTER, CC; HIGGS, P; HIGGS, LG  y  NTSHOE, IM. Die tanende aantreklikheid van die akademiese professie in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp. 141-156. ISSN 2224-7912.

Die doel van dié artikel is om met behulp van die data van die CAP (Changing Academic Profession) internasionale ondersoek na die akademiese professie te bepaal hoe aantreklik die Suid-Afrikaanse akademiese professie, vanuit hulle belewenis, die akademiese professie as loopbaan bevind. Uit die ondersoek blyk dit dat akademiese personeel in Suid-Afrika onder groot werkdruk verkeer. In vergelyking met ander professionele lui word hulle onderbesoldig. Boonop het hulle, onder 'n groeiende bestuurskultuur, baie van die vryheid en outonomie wat histories aan die akademiese professie gekoppel is, prysgegee. Dan het hulle ook nog ander frustrasies, byvoorbeeld die instroming van akademies swak voorbereide studente, en 'n gebrek aan toereikende navorsingsbefondsing. Volgens beskikbare getuienis is die aantreklikheid van die akademiese professie as 'n loopbaan in Suid-Afrika besig om te taan, en 'n aansienlike persentasie van akademici oorweeg dit om die professie te verlaat. In die lig van die kardinale belang van die hoër onderwyssektor in die ontplooiende kennissamelewing van die een-en-twintigste eeu, behoort die aangeleentheid as 'n saak van dringende prioriteit aandag te geniet.

Palabras clave : Akademiese professie; CAP-ondersoek; hoër onderwys; univer siteitsonderrig; navorsing; akademiese ondernemerskap; bestuurskultuur; werkstevredenheid; kennissamelewing; onderwystransformasie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License