SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WOLHUTER, CC; HIGGS, P; HIGGS, LG  and  NTSHOE, IM. Die tanende aantreklikheid van die akademiese professie in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.141-156. ISSN 2224-7912.

Die doel van dié artikel is om met behulp van die data van die CAP (Changing Academic Profession) internasionale ondersoek na die akademiese professie te bepaal hoe aantreklik die Suid-Afrikaanse akademiese professie, vanuit hulle belewenis, die akademiese professie as loopbaan bevind. Uit die ondersoek blyk dit dat akademiese personeel in Suid-Afrika onder groot werkdruk verkeer. In vergelyking met ander professionele lui word hulle onderbesoldig. Boonop het hulle, onder 'n groeiende bestuurskultuur, baie van die vryheid en outonomie wat histories aan die akademiese professie gekoppel is, prysgegee. Dan het hulle ook nog ander frustrasies, byvoorbeeld die instroming van akademies swak voorbereide studente, en 'n gebrek aan toereikende navorsingsbefondsing. Volgens beskikbare getuienis is die aantreklikheid van die akademiese professie as 'n loopbaan in Suid-Afrika besig om te taan, en 'n aansienlike persentasie van akademici oorweeg dit om die professie te verlaat. In die lig van die kardinale belang van die hoër onderwyssektor in die ontplooiende kennissamelewing van die een-en-twintigste eeu, behoort die aangeleentheid as 'n saak van dringende prioriteit aandag te geniet.

Keywords : Akademiese professie; CAP-ondersoek; hoër onderwys; univer siteitsonderrig; navorsing; akademiese ondernemerskap; bestuurskultuur; werkstevredenheid; kennissamelewing; onderwystransformasie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License