SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LE CORDEUR, Michael. Die interaktiewe leesbenadering: 'n Alternatief vir tradisionele maniere van leesonderrig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.1, pp.104-118. ISSN 2224-7912.

Volgens onlangse verslae het minder as 10% van alle graad 6-leerders in Suid-Afrika wat die geletterdheidstoetse afgelê het, op 'n internasionaal aanvaarbare vlak presteer (WCED 2009). Kenners is van mening dat hierdie resultate daarop dui dat ons nie gehalte-onderwys in ons skole toepas nie (Bloch 2009). Volgens navorsers begin die probleem in die grondslagfase waar leerders nie die nodige vaardighede van geletterdheid baasraak nie (Jansen 2008; Yeld 2009). In hierdie artikel word gefokus op een van die moontlike oorsake vir die agteruitgang van geletterdheid in Suid-Afrika ten spyte van die Onderwysdepartement se talle pogings om die situasie te verbeter: die wyse waarop onderwysers1 lees onderrig. Daar sal gevolglik gefokus word op onderwysers se metodiek in leesonderrig aangesien daar rede is om te glo dat die tradisionele manier van leesonderrig steeds in die meeste skole geld. Die artikel sal van die standpunt uitgaan dat onderwysers hul denke oor leesonderrig sal moet verander. 'n Raamwerk vir die onderrig van lees volgens die skema-teorie-model asook die rol van die onderwyser daarin word beskryf. Dit word gevolg deur 'n bespreking van die tradisionele manier van leesonderrig volgens die bottom-up en top-down- benaderings. As alternatief vir die tradisionele bottom-up of top-down-benaderings word die interaktiewe benadering voorgestel, asook hoe dit onderrig en assesseer moet word. Die skrywer kom tot die slotsom dat met behulp van die interaktiewe model ons wel die prestasie van sukkelende lesers kan verbeter (Albright & Luke 2008).

Keywords : geletterdheid; ongeletterde leerders; metodiek in leesonderrig; skema-teoriemodel; schemata; tradisionele bottom-up en top-down-benaderings; interaktiewe model van leesonderrig; fonologie; holistiese interpretasie; woordherkenningsvaardighede; dekodering.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License