SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WESTHUIZEN, G J  e  VAN DER MERWE, M P. Student-onderwysers se interpretasie en gebruik van leerteoriekonsepte. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.1, pp.87-103. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel rapporteer oor 'n ondersoek na die wyses waarop student-onderwysers konsepte verstaan, uitbou, en gebruik. Konsepvorming en -interpretasie is 'n belangrike leeruitkoms in hoër onderwys in die algemeen en in onderwysersopleiding in die besonder. 'n Goeie begrip van die ontwikkeling van konsepvorming en die praktykmaking daarvan is van kardinale belang vir onderwysersopleiding, veral vanweë die uitdagings rondom 'n verantwoordbare pedagogiek wat leerbillikheid en -gelykheid as fundamenteel-etiese verantwoordelikheid voorop stel. Vir so 'n konseptuele basis is dit noodsaaklik dat universiteitsdosente kennis dra van die integrasie, interpretasie en praktykmaking van konsepte in die konteks van die modules wat hulle aanbied. 'n Beter begrip van konsepvorming kan nie alleen leerdoeltreffendheid verbeter nie, maar ook bydra tot die ideale van 'n billikheidspedagogiek waar die leerbehoeftes van alle studente in ag geneem word. Die studie is onderneem binne 'n tweede studiejaarmodule in onderwysersopleiding aan 'n tersiêre instansie met die fokus op leer en kognisie. Vergelykende gevallestudies van vier studente is onderneem ten opsigte van die wyses waarop verskillende studente in 'n voorgraadse module konsepte oor leerteorieë leer en gebruik. Die kwalitatiewe, sosio-semiotiese ontleding toon aan dat sodanige kennis grootliks ooreenstem met modulemateriaal, dat studente verskil in hulle gebruik van semiotiese instrumente in die aanleer daarvan, dat konsepkennis tekstueel verskillend gekommunikeer word, en dat laasgenoemde deur sosiale konvensies medebepaal word. Hierdie ondersoek belig die dimensies van leer as 'n sosio-semiotiese proses en dui op die implikasies vir 'n billikheidspedagogiek in tersiêre leeromgewings.

Palavras-chave : Onderwysersopleiding; konseptuele leer; kognitiewe kompleksiteit; konsep interpretasies; professionele leer; sosio-semiotiese ontleding; diskoersveld; semiotiese instrumente; leerbillikheid; billikheidspedagogiek.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons