SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VIVIERS, S  y  BOUDLER, J-M. Verslaggewing oor volhoubaarheid in die mynbousektor: die identifisering van kritieke aan geleenthede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.1, pp.66-86. ISSN 2224-7912.

Hierdie studie ondersoek tendense in die volhoubaarheidsverslaggewing deur vyf prominente mynmaatskappye wat op die JSE genoteer is. Die 2005-, 2006-, 2007- en 2008- jaar- en volhoubaarheidsverslae van hierdie maatskappye is ontleed deur middel van inhoudsanalise. Sleutelwoorde wat verband hou met ekonomiese bemagtiging, MIV/VIGS, ander gesondheid- en veiligheidsaangeleenthede en omgewingsimpak sowel as opleiding en onderwys, is getel. Hierdie aangeleenthede is ook gekategoriseer in terme van Carroll (1979; 1991) se korporatiewe sosiale verantwoordelikheids- (KSV) piramide wat bestaan uit ekonomiese, regs-, etiese en filantropiese verantwoordelikhede. Hierdie bevindinge het aangedui dat mynmaatskappye hoofsaaklik verslag lewer oor KSV-aangeleenthede wat hul winsgewendheid beïnvloed soos MIV/VIGS en ander gesondheidsverwante aangeleenthede. Daar word aanbeveel dat mynmaatskappye 'n meer gebalanseerde beskouing van die verskeie KSV-kategorieë huldig, ongeag die spesifi eke kategorie se impak op winsgewendheid. Mynmaatskappye moet spesifiek hul pogings vermeerder (en verslaggewing fokus) op swart ekonomiese bemagtiging, opleiding en onderwys en werkverwante sterftes. Dit mag aanvanklik duur wees, maar kan bydra tot winsgewendheid op die lange duur. Dit sal ook mynmaatskappye se reputasie verbeter by belanghebbendes soos beleggers en verbruikers, wat maatskappye na waarde skat volgens die mate waartoe hulle hul etiese en filantropiese verantwoordelikhede nakom.

Palabras clave : Ekonomiese bemagtiging; Ekonomiese verantwoordelikhede; Etiese verantwoordelikhede; Filantropiese verantwoordelikhede; Gesondheid en veiligheid; MIV/VIGS; Inhoudsanalise; Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid; Mynbousektor; Omgewingsimpak; Onderwys en opleiding; Regsverantwoordelikhede; Volhoubaarheidsverslaggewing.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons