SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VIVIERS, S  and  BOUDLER, J-M. Verslaggewing oor volhoubaarheid in die mynbousektor: die identifisering van kritieke aan geleenthede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.1, pp.66-86. ISSN 2224-7912.

Hierdie studie ondersoek tendense in die volhoubaarheidsverslaggewing deur vyf prominente mynmaatskappye wat op die JSE genoteer is. Die 2005-, 2006-, 2007- en 2008- jaar- en volhoubaarheidsverslae van hierdie maatskappye is ontleed deur middel van inhoudsanalise. Sleutelwoorde wat verband hou met ekonomiese bemagtiging, MIV/VIGS, ander gesondheid- en veiligheidsaangeleenthede en omgewingsimpak sowel as opleiding en onderwys, is getel. Hierdie aangeleenthede is ook gekategoriseer in terme van Carroll (1979; 1991) se korporatiewe sosiale verantwoordelikheids- (KSV) piramide wat bestaan uit ekonomiese, regs-, etiese en filantropiese verantwoordelikhede. Hierdie bevindinge het aangedui dat mynmaatskappye hoofsaaklik verslag lewer oor KSV-aangeleenthede wat hul winsgewendheid beïnvloed soos MIV/VIGS en ander gesondheidsverwante aangeleenthede. Daar word aanbeveel dat mynmaatskappye 'n meer gebalanseerde beskouing van die verskeie KSV-kategorieë huldig, ongeag die spesifi eke kategorie se impak op winsgewendheid. Mynmaatskappye moet spesifiek hul pogings vermeerder (en verslaggewing fokus) op swart ekonomiese bemagtiging, opleiding en onderwys en werkverwante sterftes. Dit mag aanvanklik duur wees, maar kan bydra tot winsgewendheid op die lange duur. Dit sal ook mynmaatskappye se reputasie verbeter by belanghebbendes soos beleggers en verbruikers, wat maatskappye na waarde skat volgens die mate waartoe hulle hul etiese en filantropiese verantwoordelikhede nakom.

Keywords : Ekonomiese bemagtiging; Ekonomiese verantwoordelikhede; Etiese verantwoordelikhede; Filantropiese verantwoordelikhede; Gesondheid en veiligheid; MIV/VIGS; Inhoudsanalise; Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid; Mynbousektor; Omgewingsimpak; Onderwys en opleiding; Regsverantwoordelikhede; Volhoubaarheidsverslaggewing.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License