SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BESTER, Coen  e  BOSHOFF, Estelle. Bestuurders in die openbare sektor se persepsies van die toepaslikheid van toetreders tot die arbeidsmark se opleiding en ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.728-739. ISSN 2224-7912.

Die toepaslikheid van die opleiding en ontwikkeling wat deur tersiêre instellings verskaf word, word dikwels uit verskillende oorde bevraagteken. Die vraag is wat as maatstaf behoort te geld om hieroor 'n besluit te kan neem. Baie opvoedkundiges en sakelui glo dat die behoeftes en vereistes van die arbeidsmark die deurslag behoort te gee wanneer besluite oor kurrikuluminhoud van tersiêre opleidingsprogramme onder die soeklig kom. Die doel van hierdie studie was om juis te bepaal wat hierdie behoeftes en vereistes van die arbeidsmark is, veral vanuit die perspektief van bestuurders in die openbare sektor wat 'n prominente werkgewer is. 'n Geleentheidsteekproef bestaande uit bestuurders wat organisasies in die openbare sektor in stedelike en plattelandse areas en op verskillende bestuursvlakke in die Vrystaat en Noord-Kaapland verteenwoordig, is geselekteer. Inligting is bekom deur middel van vraelyste en fokusgroeponderhoude. Deelnemers se response is verwerk en geïnterpreteer ooreenkomstig die riglyne van inhoudsontleding. Nuttige inligting is ingesamel aangaande die toepaslikheid van opleiding en ontwikkeling, asook die werksverwante tekortkominge van toetreders tot die arbeismark vanuit die oogpunt van bestuurders in die openbare sektor.

Palavras-chave : Toepaslikheid; geskiktheid; opleiding; opvoeding; bestuurders; openbare sektor; persepsies; arbeidsmark; werksverwante kennis; werksverwante vaardighede; algemene lewensvaardighede.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons