SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4Future expectations amongst the youth of the brown population group in South AfricaPerceptions of managers in the public sector regarding the relevance of training and education of entrants to the labour market author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912

Abstract

DUVENHAGE, André. Die ANC en die nasionale demokratiese rewolusie: Polities strategiese perspektiewe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp. 705-727. ISSN 2224-7912.

Die Nasionaal-Demokratiese Rewolusie (NDR) is as konsep en ideologiese raamwerk baie bekend binne die denkpatroon van die ANC en sy bondgenote. Anders as wat soms verwag is, is die NDR as denkraamwerk nie na 1994 opgehef nie, maar slegs in 'n strategiese en taktiese sin geherposisioneer onder die vlag van sosiale, politieke en ekonomiese transformasie. By die onlangse Polokwane Konferensie van die ANC (einde 2007) het die organisasie verskeie resolusies aanvaar wat in lyn is met die grondbeginsels van die NDR wat ook neerslag gevind het in die ANC se 2009-verkiesingsmanifes. Hierdie artikel fokus op die NDR as politiek-ideologiese denkraamwerk met die beklemtoning van polities-strategiese aspekte.

Keywords : Rewolusie; Nasionale Demokratiese Rewolusie; Nasionale Demokratiese Beweging; Sosiale; Politieke en Ekonomiese Transformasie; Politieke oorgang; Thermidor gematigd; Jakobyns radikaal.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License