SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE KLERK, Pieter. Was die Groot Trek werklik groot? 'n Historiografiese ondersoek na die gevolge en betekenis van die Groot Trek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.658-673. ISSN 2224-7912.

Sedert die laat negentiende eeu het historici die gevolge en betekenis van die Groot Trek bespreek. Daar kan verskillende hooftendense in die interpretasies onderskei word. Daar is eerstens die vroeë beskouing dat die Trek die beskawing in suidelike Afrika uitgedra het. Tweedens is daar die siening van Afrikaanse historici dat die Groot Trek die totstandkoming van die Afrikanervolk moontlik gemaak het. Derdens het lede van die liberale skool van historici die Trek beskou as 'n ontvlugting van progressiewe Britse beleidsmaatreëls in die Kaapkolonie; dit was 'n ramp vir die ontwikkeling van Suid-Afrika. Vierdens is daar die siening van die radikale skool dat die Groot Trek 'n fase was in die uitbreiding van kapitalisme en kolonialisme in Suid-Afrika. Vyfdens is daar die resente opvatting dat die Groot Trek net een van verskeie migrasies in Suid-Afrika was en nie uitgesonder kan word as van besondere betekenis nie. Sesdens beskou latere Afrikaanse geskiedskrywers die Trek as 'n gebeurtenis met uiteenlopende gevolge. Dit blyk dat historici steeds beïnvloed is deur tydsomstandighede in hul beklemtoning van bepaalde gevolge van die Trek. Sommige van hul stellings oor die langtermyngevolge van die Trek is spekulatief en kan moeilik gestubstansieer word. Gesien binne die perspektief van die huidige tydsgewrig was die Groot Trek primer deel van 'n omvattende proses van verwestering en modernisasie in suidelike Afrika. Alhoewel dit nie as dié sentrale gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika gesien kan word, soos vroeër dikwels beweer is nie, is dit tog een van 'n klein aantal sleutelgebeurtenisse in die geskiedenis van die land.

Palabras clave : Groot Trek; Voortrekkers; Suid-Afrikaanse geskiedenis; historiografie; Afrikanernasionalisme; Afrikanasionalisme; liberale historici; radikale historici; kolonisasie; kapitalisme; rassebeleid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons