SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

CILLIERS, Johan. "Fides quaerens societatem": Praktiese teologie op soek na sosiale vergestalting. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.624-638. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel bied 'n kort opsomming van sommige van die eiendomlike spanninge in die teologiese vakdissipline van Praktiese Teologie, as uitvloeisel van die grondliggende spanning wat reeds deur die naam gesuggereer word, naamlik praktyk en teologie, of praktyk en teorie. Agt paradigmas waarbinne Praktiese Teologie verstaan kan word, word kortliks opgesom, te wete geloof op soek na begrip, verwoording, handeling, hoop, verbeelding, visualisering, beliggaming en sosiale vergestalting (laasgenoemde die integrerende paradigma). Die uitgangspunt is dat Praktiese Teologie op 'n hermeneutiek van sinduiding rus, wat nie as 'n nuwe vorm van klerikale of ekklesiologiese mag of beheer beskou moet word nie, maar eerder as 'n meewerkende en interaktiewe wyse om die lewe, soos wat dit in die samelewing tot uiting kom en beleef word, te dien en te verryk.

Keywords : Praktiese Teologie; teorie; praxis; praktyk; paradigmas; hermeneutiek; sinduiding; samelewing; spanningsvelde; ekklesiologie; eskatologie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License