SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VILJOEN, Hein. Kreolisering van die Simbolisme in die poësie van T T Cloete. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.568-589. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel is 'n ondersoek na T T Cloete se gebruik van die internasionale Simbolisme. Die aaname is dat hy daardie digterlike stelsel op drie maniere herskryf het, naamlik om deur vermenging nuwe vorme te ontwikkel, deur die uitdrukkingskrag daarvan te verhoog en deur dit plaaslik en Suid-Afrikaans te maak, maar dit terselfdertyd vir homself toe te eien en dit aan te pas binne sy eie poëtika. Vier aspekte van die Simbolisme word bespreek, naamlik die simbolistiese werkwyse, Simbolisme en musiek, die simbolistiese toon en die korrespondensies. Die vernaamste bevindings is dat Cloete die uitdrukkingskrag van die Simbolisme vergroot het deur dit te moderniseer, maar ook deur dit te deologiseer - dit wil sê deur dit in 'n instrument te omvorm vir die bestudering van Deus, God.

Keywords : Simbolisme; kreolisering; simbolistiese werkwyse; Simbolisme en musiek; simbolistiese toon; korrespondensies; deologisering.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License