SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VOS, Cas J A. 'n Literêre en himnologiese blik op Psalm 23. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.535-546. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word daar gefokus op die literêre en himnologiese aspekte van Psalm 23. Hierdie psalm word in al sy taalgeledinge ontleed. Die sintaktiese en semantiese fasette van die psalm word ondersoek. Daar word gelet op poëtiese patrone. Sekere stylfigure, soos metafore, word ondersoek. Daar word ook aandag gegee aan die resepsiegeskiedenis van die psalm. In dié opsig word die interpretasie daarvan in die Nuwe Testament en in die kerkgeskiedenis nagegaan. Hierdie ondersoek is noodsaaklik omdat die omdigting van 'n psalm op die verstaan van die grondteks berus. T T Cloete het al 150 psalms vir die Liedboek van die Kerk omdig. 'n Omdigter moet self 'n digter van hoë kwaliteit wees om sy hand aan omdigtings te waag. Cloete voldoen by uitnemendheid aan dié vereiste. In die artikel word sy omdigting op struktuur- en taalvlak ontleed. Daar word ook na die poëtiese gehalte daarvan gekyk. Verder word die musikologiese eise wat die lied stel ook in ag geneem. Die gevolgtrekking waartoe daar in die artikel gekom word, is dat die omdigting van Cloete voortreflik is. Hy slaag uitmuntend daarin om aan die lied 'n teologiese stem te gee wat singend in harte en monde weerklink.

Keywords : Digkuns; himnologie; Psalm 23; Nuwe Testament; kerkgeskiedenis; T T Cloete (1924-); Liedboek van die Kerk.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License