SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ROBINSON, Rensia. 'n Onvoltooide Naam digterlik verbeel - verkennings aangaande 'n enigmatiese Goddelike Wese in TT Cloete se oeuvre. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.507-534. ISSN 2224-7912.

Eksistensiële vrae na oorspronge en bestemmings is een van die deurlopend herkenbare temas in TT Cloete se digterlike oeuvre. 'n Belangrike aspek van hierdie vrae is die naspeur van essensies aangaande 'n enigmatiese Goddelike Wese. Vir die digter is die onomlynbaarheid van dié konsep "'n digterlike speelding". Vormgewing deur middel van die gedig impliseer enersyds presisie maar andersins meerduidigheid. Dit word benut as potensiaal vir 'n spel met verbeeldingryke kennis. In die Cloete-oeuvre beteken dit om voortdurend op reis te wees. Die onoorsigtelikheid van 'n sogenaamde "gekoekte heelal" ondermyn sekerhede en erns word gedekonstrueer tot parodie. Intertekstualiteit speel 'n belangrike rol in die wydlopende waarnemings en bevraagtekenings. Geykte konseptualiserings van God word gedekonstrueer en gegewens uit die religieus-Christelike kanon word in 'n satiriese lig gestel. Onversoenbaarhede in die komplekse verhouding tussen mens en 'n oënskynlik afsydige Maker word op die spits gedryf na aanleiding van die vraag na die sin van lyding en rampe. Godsbeelde uit verskillende tye en kontekste word gejukstaponeer. Evolusie en 'n "Big Bang"-teorie as deel van die menslike drang om te verstaan, word as alternatiewe wetenskaplike uitkomste op gelyke voet ondermyn. Enkele raakpunte tussen Cloete se kreatiewe digterlike spel en die groter religieuse diskoers word aangedui. Die artikel is 'n beperkte leesverslag met vele oopgelate moontlikhede.

Keywords : heilige nuuskierigheid; T T Cloete en Goddelikheid; insinjes; Juksta-ponering; parodie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License