SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER WALT, BJ. Johannes Calvyn (1509-1564) se mensbeskouing: 'n Christelik-filosofiese waardering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.3, pp.410-433. ISSN 2224-7912.

Hierdie studie word aangebied ter herdenking van die geboorte van die hervormer, Johannes Calvyn, 500 jaar gelede (1509). Dit handel oor 'n belangrike aspek van sy denke, naamlik sy mensbeskouing volgens die finale uitgawe van sy Institusie (1559). Ter inleiding word iets vermeld van die voortgesette belangstelling in en relevansie van hierdie denker - ook in Suid-Afrika; 'n meer gebalanseerde evaluering van sy denke word voorgestel; die metode wat daarby gevolg word, word verduidelik. Daarna word die volgende fasette van Calvyn se antropologie bespreek: (1) die religieuse karakter van menswees; (2) sy onderskeid tussen siel en liggaam; (3) sy standpunt oor die onsterflikheid van die siel; (4) sy visie op die mens as beeld van God; (5) sy onderskeid tussen natuurlike en bonatuurlike gawes. Die slotgedeelte bevat 'n opsommende evaluering asook 'n les vir vandag.

Keywords : Reformasie (16e eeuse); Johannes Calvyn (1509-1564); die Institusie (1559); Calvynnavorsing; Calvinisme (in Suid-Afrika); Grieks-Romeinse filosofie; Platonisme; Augustianisme; parsiële universalisme; Godskennis; religie; siel en liggaam; onsterflikheid (van die siel); kreasianisme; wêreldveragting; natuurlike en bonatuurlike beeld van God.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License