SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3The worldview of John Calvin (1509-1564): A Christian-philosophical appraisalJohn Calvin's view of the human being: A Christian philosophical appraisal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

STRAUSS, DFM. Calvyn in die intellektuele erfenis van die Weste. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.3, pp. 397-401. ISSN 2224-7912.

Met die oog daarop om Calvyn se posisie in die intellektuele erfenis van die Weste te bepaal word allereers aandag geskenk aan die Grieks-Middeleeuse agtergrond - met klem op die idee van 'n kosmiese (ontiese) wêreldorde (logos). Besondere aandag word gegee aan die ontwikkeling van die vroeë Griekse wysbegeerte wat via Plato en Aristoteles uitgeloop het op the Stoïsynse filosofie, Cicero en die middeleeuse erfenis wat sy hoogtepunt sou bereik in die denke van Thomas Aquinas. Aandag is ook gegee aan die denke van Augustinus. Die disintegrasie van die Middeleeue is bemiddel deur die laat-Skolastiese nominalisme (veral Ockham) wat veral op Luther 'n regstreekse invloed sou uitoefen. Calvyn het hom egter gedistansieer van die nominalistiese idee van die willekeur van God - soos wat dit vergestalt is in die siening van God se despotiese, absolute willekeur (aangedui as die potestas Dei absoluta). Daarom het Calvyn klem geplaas daarop dat God bo die wette wat vir skepsele gestel is, verhewe is. Hoewel God bo die skeppingswette verhewe is, is Hy egter nie willekeurig nie (Deus legibus solutus est, sed non exlex). 'n Vlugtige aanduiding is gegee van die relatiewe ongedifferensieerde samelewingsomstandighede waarin Calvyn homself bevind het - met verwysing na die leerstuk van verset (Beza en ander denkers). Nadat die deurwerking van die nominalisme verder toegelig is, met besondere verwysing na Kant se siening van die verstand as aprioriese formele wetgewer van die natuur en ook na die keersy-effek daarvan op die ontstaan van die historisme (19de eeu) en die postmodernisme (20ste eeu) is ten slotte gelet op die kontinuering van sommige on-Bybelse elemente in die denke van Calvyn, terwyl ook melding gemaak is van bepaalde positiewe insigte waarmee hy die Christelike lewensen wêreldbeskouing verryk het. In die besonder kan hier gedink word aan die eerste vertrekpunt van die leerstuk van soewereiniteit-in-eie-kring wat al eerder deur Van Prinsterer en Kuyper (19de eeu) onder woorde gebring is en wat in die 20ste eeu deur die reformatoriese wysbegeerte van Dooyeweerd verder uitgewerk is.

Palabras clave : Wêreldorde; wet; realisme; nominalisme; potestas Dei absoluta; Christerike denke.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License