SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WAHL, Sindi  y  NEWMARK, Rona. Die self-waargenome lewensgehalte van versorgings-personeel by 'n fasiliteit vir volwassenes met intellektuele gestremdheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.289-306. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel doen verslag oor 'n studie wat gedoen is oor die persepsies van versorgingspersoneel by 'n fasiliteit vir volwassenes met intellektuele gestremdheid aangaande hul lewensgehalte. Die doel van die studie was om die lewensgehalte te verstaan van versorgingspersoneel wat na volwassenes met intellektuele gestremdheid omsien. Daar is gebruik gemaak van teorieë met betrekking tot die positiewe sielkunde, met spesifieke verwysing na fortigeniese aannames. Hierdie kwalitatief interpreterende studie is uitgevoer in 'n fasiliteit vir volwassenes met intellektuele gestremdheid en 12 versorgers by die fasiliteit het vrywillig deelgeneem. Data is ingesamel deur gestruktureerde oop-einde vrae, asook informele en fokusgroeponderhoude, en later tematies geanaliseer. Die temas wat in die studie aangespreek is, wentel om die versorgers se 1) definisie van lewensgehalte, 2) hul persepsie van hul huidige lewensgehalte, 3) hul persepsie van die negatiewe faktore, stressore, positiewe ervarings en psigofortologiese faktore wat 'n uitwerking op hul lewensgehalte uitoefen en 4) moontlikhede om hul lewensgehalte te verbeter.. Die bevindings toon 'n paradoks van sorgverskaffing aan waar die deelnemers nie slegs oor sorgverskaffing rapporteer nie, maar ook oor die ontvangs van sorg in hul verhoudinge met volwassenes met intellektuele gestremdheid. In hierdie verhouding blyk dit dat sorgverskaffing 'n fortigenese faktor en ook 'n wyse vir interpersoonlike. florering is vir die meeste van die deelnemers. Gegrond op die bevindings word verskeie aanbevelings gedoen rakende verdere navorsing ten einde die lewensgehalte te verbeter van die personeel wat sorg verskaf aan volwassenes met intellektuele gestremdhede.

Palabras clave : Lewensgehalte; versorgingspersoneel; positiewe sielkunde; fortologie; volwassenes; intellektuele gestremdheid; interpersoonlike geluk.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons