SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BISSCHOFF, CA  and  LOTRIET, R A. Die dienskwaliteit van die PUK Rugby Instituut. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.266-286. ISSN 2224-7912.

Kliëntetevredenheid is van kardinale belang vir die PUK Rugby Instituut (PRI). Die kliënte van die PRI bestaan uit studentespelers wat hoë verwagtinge koester van die PRI om die nodige ontwikkelingswerk te doen op sport sowel as akademiese terrein. Empiriese navorsing is ingespan om die kliënte (spelers) se tevredenheid te toets. Daar is ook 'n vergelyking getref tussen sogenaamde Prioriteitspanne van die PRI (PUK 1, 0/21A en 0/19A) en Nie-prioriteitspanne (PUK 2, PUK 3 en ander onderouderdom spanne). Die dienskwaliteit is gemeet by al die spanne en die diensvlakke kan as bevredigend beskryf word. Veral die Prioriteitspanne evalueer die diens van die PRI as uitstekend. Die effekgrootte is gebruik om betekenisvolle verskille in diens te meet, en daar is bevind dat daar nie prakties betekenisvolle verskille voorkom tussen die dienstevredenheid van Prioriteitspanne en dié van Nie-prioriteitspanne nie. Verder is daar vyf onderliggende faktore geïdentifiseer deur middel van 'n faktor-ontleding wat 'n bevredigende 55% van die variansie verklaar. Hiervan is faktor 1, Sukses behaal deur die afrigtingspan, die belangrikste aangesien dit 31% van die variansie verklaar. Die ander vier faktore is: Vaardigheid van spelers, Regstellende kommunikasie, Klerasie, en Addisionele spelersbetrokkenheid.

Keywords : Kliëntediens; dienskwaliteit; rugby; faktor-ontleding; PUK Rugby Instituut; diensgaping; spelers; kliëntediensindeks; sport.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License