SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

PIENAAR, Cobus. Is die akademiese werksbedeling steeds volhoubaar?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.251-267. ISSN 2224-7912.

Literatuur dui daarop dat die akademiese werksbedeling en, by implikasie, akademici onder geweldige druk verkeer en dat hierdie toedrag van sake waarskynlik moeilik volhoubaar gaan wees vanweë talle eksterne sowel as interne invloede en veranderinge binne en buite hoër onderwys. Hierdie veranderinge dra daartoe by dat die akademiese werksbedeling tans as een van die mees stresbelaaide beroepe beskou word, wat terselfdertyd ook die werkstevredenheid van akademici dienooreenkomstig gaan beïnvloed. Daar is aanduidings in die literatuur dat dit heel waarskynlik in die toekoms gaan toeneem en dat die werksbedeling toenemend veeleisend gaan word, te midde van 'n reeds komplekse taak. Die gevolg hiervan lei tot 'n verskeidenheid negatiewe uitkomste vir die akademiese professie, akademici, hoëronderwysinstellings, hoër onderwys in die algemeen, asook al die ander rolspelers wat direk by hoër onderwys baat.

Keywords : Hoëronderwysinstellings; hoër onderwys; akademici; stres; werksdruk; akademiese loopbaan; werkstevredenheid; akademiese werksbedeling.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License