SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER MERWE, J.P. Moraliteit as deel van Afrikanerwaardes. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.237-250. ISSN 2224-7912.

Wat is moraliteit? Die Verklarende Handwoordeboekvan die Afrikaanse Taal beskryf dit as: "Wat betrekking het op die gevoel vir wat goed en reg is: sedelik." Sedelik word weer verder gedefinieer as: "Ooreenkomstig die goeie sedes: deugsaam." Vanuit verskeie geesteswetenskaplike artikels blyk dit dat die sosiale groep se moraliteit by tye deur óf God, óf die kerk, óf die staat, óf die stam óf anders deur al vier hierdie partye gesamentlik bepaal word. Skynbaar bepaal die sekulêre samelewing met sy post-modernistiese perspektiewe deesdae se samelewings se moraliteit. Verskillende sosiale groepe het met ander woorde om verskillende redes verskillende waarde-oordele op verskillende tye. Die postapartheid Suid-Afrika met sy liberale grondwet en groter toeganklikheid tot die globale wêreld2 help ongetwyfeld dat die hedendaagse Afrikaner meer vrydenkend raak ten opsigte van moraliteit en waarde-oordele. Jong Afrikaners begin toenemend tuis voel in die geglobaliseerde samelewing waar die postmodernistiese lewens- en wêreldbeskouings aan die orde van die dag is. Daar kan dus tereg vermeld word dat die blanke Afrikaner inderdaad besig is om sy eng konserwatiewe Christelike waardes en norme te ontgroei. Die vraag wat in hierdie artikel onder andere gevra word, is: In welke mate het ons Afrikaners se morele waardes sedert 1994, met die aanbreek van die post-apartheid era, verander?

Palabras clave : Moraliteit; waardes; Afrikaner; post-apartheid; Suid-Afrika; godsdiens; postmodernisme; Christelik; nasionalisme; Afrikanerkultuur; globalisering.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons