SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ENGELBRECHT, L.K.. 'n Benadering tot finansiële kwesbaarheidsreduksie: Finansiële geletterdheidsopvoeding binne 'n maatskaplike ontwikkelingsparadigma. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.201-218. ISSN 2224-7912.

'n Beduidende aantal mense in Suid-Afrika, wat in die maatskaplike welsynsisteem geakkom-modeer word, toon gebrekkige finansiële begrip en is derhalwe finansieel kwesbaar. 'n Relevante benadering om mense se finansiële kwesbaarheid te reduseer binne die maatskaplike ontwikkelingsparadigma kan dus 'n bydrae tot die land se teen-armoede-strategie lewer en motiveer die doel van hierdie artikel, naamlik om 'n benadering tot finansiële kwesbaarheids-reduksie binne 'n maatskaplike ontwikkelingsparadigma te konstrueer. Die doel van die artikel word bereik deur die Suid-Afrikaanse maatskaplike ontwikkelingsparadigma te kontekstualiseer, waarna finansiële kwesbaarheid en finansiële geletterdheidsopvoeding binne hierdie konteks verken, beskryf en as praktykrealiteit ondersoek word deur middel van 'n instrumentele kwalitatiewe gevallestudie, bestaande uit tien deelnemers wat by 'n gevestigde nie-regeringsorganisasie (NRO) werksaam is. As uitkoms word kernelemente van finansiële geletterdheidsopvoeding as benadering vir finansiële kwesbaarheidsreduksie binne die plaaslike maatskaplike ontwikkelingsparadigma gekonstrueer. Binne hierdie paradigma is finansiële geletterdheidsopvoeding 'n mikropraktykbenadering wat volgens volwasseneonderrigbeginsels op definitiewe uitgangspunte en perspektiewe gegrond is. Hierdie mikropraktykbenadering behels die bewusmaking en deurlopende, lewenslange aanleer van 'n stel multi-dimensionele persoonsgesentreerde lewensvaardighede. Finansiële geletterdheidsopvoeding verwys ook na situasie-relevante kompetensies, wat bestaan uit spesifieke kennis, waardes en vaardighede binne inheemse kulturele verband en is gefokus op mense se vermoë om hulle beskikbare geld te bestuur. Hierdie benadering kan die grondslag vir suksesvolle inkomstegenereringsprojekte lê, kan as onderbou vir mense se migrasie na die hoofstroomekonomie dien en kan ook na ander lewensterreine getransponeer word. Sodoende word ekonomiese en menslike ontwikkeling binne 'n maatskaplike intervensiekonteks geïntegreer en is dit binne bereik van maatskaplike ontwikkelingspraktisyns om te fasiliteer.

Keywords : Finansiële kwesbaarheid; armoede; finansiële geletterdheid; finansiële geletterdheidsopvoeding; intervensieprogramme; praktykbenadering; maatskaplike ontwikkelingsparadigma; welsynsbeleid; maatskaplike ontwikkelingspraktisyn; maatskaplike werk; nie-regeringsorganisasie; gevallestudie; inkomstegenerering; maatskaplike bestaansbeveiliging; ekonomiese en menslike ontwikkeling.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License