SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

STRAUSS, Danie; ROSSOUW, Jannie  e  FOURIE, Johan. Die implikasies van 'n regstaat vir ontwikkelende lande. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.181-200. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel begin met 'n historiese perspektief op staat en ekonomie om vervolgens oor te gaan tot 'n tipering van die aard van 'n regstaat in terme van die verskillend-geaarde regsfere in 'n gedifferensieerde samelewing. Daarna word die aard van ontwikkelende lande, die armoedeprobleem en 'n aantal prominente ontwikkelingsteorieë aan die orde gestel. Uit die feit dat oor 'n typerk van 30 jaar (1970 tot 2000) daar in sekere wêrelddele merkwaardige sukses behaal is met pogings om armoede uit te wis, maar dat armoede in sekere ander wêrelddele toegeneem het, volg dit dat breëre samehange verreken moet word in die beoordeling daarvan. Op die basis van hierdie gesigspunte word daar dan gelet op die vraag of die onderliggende beginsels van 'n regstaat 'n belangrike rol in ontwikkelende lande kan speel, onder meer in die lig van bestaande ontwikkelingsteorieë. Die onverbreeklike samehang tussen 'n vrye onderneming-stelsel, die vrye mark en die juridiese borge wat deur 'n regstaat gestel word, begelei kernelemente in die gevolgtrekking waartoe gekom word.

Palavras-chave : Armoede; demokrasie; eiendomsreg; ekonomiese groei; ekonomiese ontwikkeling; groeiteorieë; (on)gedifferensieerde samelewing; owerheidsgesag; regstaat.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons