SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MESSERSCHMIDT, Johanna J E. Die gebruik van die onderskikker wanneer in hipotaktiese verbindings. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.160-178. ISSN 2224-7912.

Die onderskikker wanneer kan in bysinsinlywing en in hipotaktiese verbinding gebruik word. In hierdie artikel word die gebruik van wanneer in hipotaktiese verbindings ondersoek aan die hand van 'n korpus dokumente wat van die Internet verkry is. Vanuit die oogpunt van Mental Spaces Theory kan wanneer as 'n ruimtebouer beskou word. Die bysin wat deur wanneer ingelei word, bou 'n temporele of situasionele ruimte waarbinne die hoofsin geld of verstaan moet word. Die gebruik van konstruksies met wanneer word op 'n waarskynlikheidskontinuum geplaas wat van feitelik tot teenfeitelik strek. Die gebruike word in breë groepe as verhalend, generies, voorspellend of hipoteties geklassifiseer. Geen duidelike grense bestaan tussen kategorieë en subkategorieë nie. Verwantskappe tussen gebruike word ook aangedui. As modifiseerders van wanneer kom verskeie bywoorde voor, wat in kategorieë van insluiting, uitsluiting, uitsondering en beklemtoning geplaas kan word. 'n Vergelyking tussen die gebruik van wanneer, indien en as word as 'n veld vir verdere navorsing voorgestel.

Keywords : Wanneer; hipotaktiese verbinding; waarskynlikheidskontinuum; denkruimte; Teorie van Denkruimtes; Mental Spaces Theory; Construction Grammar.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License