SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

GOUWS, Rufus  e  LEROYER, Patrick. Verhoogde leksikografiese toeganklikheid in die oorgang van 'n toeristewoordeboek na 'n toeriste-gids as naslaanbron. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.145-159. ISSN 2224-7912.

Die ontwikkeling van die leksikografieteorie is daarop gerig om die produksie van beter woordeboeke te verseker. As naslaanbronne het woordeboeke 'n bepaalde data-aanbod, vertoon hulle sekere leksikografiese strukture en moet hulle bepaalde leksikografiese funksies bevredig. Talle aspekte van die teoretiese leksikografie sou ook gebruik kon word in die beplanning en samestelling van ander naslaanbronne. In hierdie bydrae word gewys hoe bepaalde beginsels uit die teoretiese leksikografie vir die daarstelling van ander naslaanbronne benut kan word. 'n Verhoging in die toegang tot data en 'n doeltreffender onttrekking van inligting word in die vooruitsig gestel in die geval waar bestaande toeristewoordeboeke opgeneem word in omvattender toeristegidse wat volgens 'n geleksikografiseerde benadering saamgestel is. Die fokus is op die benutting van leksikografiese funksies en op 'n erkenning aan verskillende onderafdelings van die toegangsproses in naslaanbronne.

Palavras-chave : Geamalgameerde komponent; kognitiewe funksie; kommunikatiewe funksie; laaistruktuur; leksikografie; leksikografiese funksies; naslaanbron; operatiewe funksie; toegangsproses; toegangsroetes; toeganklikheid; toeristegids; toeristewoordeboek.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons