SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GOUWS, Rufus  and  LEROYER, Patrick. Verhoogde leksikografiese toeganklikheid in die oorgang van 'n toeristewoordeboek na 'n toeriste-gids as naslaanbron. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.145-159. ISSN 2224-7912.

Die ontwikkeling van die leksikografieteorie is daarop gerig om die produksie van beter woordeboeke te verseker. As naslaanbronne het woordeboeke 'n bepaalde data-aanbod, vertoon hulle sekere leksikografiese strukture en moet hulle bepaalde leksikografiese funksies bevredig. Talle aspekte van die teoretiese leksikografie sou ook gebruik kon word in die beplanning en samestelling van ander naslaanbronne. In hierdie bydrae word gewys hoe bepaalde beginsels uit die teoretiese leksikografie vir die daarstelling van ander naslaanbronne benut kan word. 'n Verhoging in die toegang tot data en 'n doeltreffender onttrekking van inligting word in die vooruitsig gestel in die geval waar bestaande toeristewoordeboeke opgeneem word in omvattender toeristegidse wat volgens 'n geleksikografiseerde benadering saamgestel is. Die fokus is op die benutting van leksikografiese funksies en op 'n erkenning aan verskillende onderafdelings van die toegangsproses in naslaanbronne.

Keywords : Geamalgameerde komponent; kognitiewe funksie; kommunikatiewe funksie; laaistruktuur; leksikografie; leksikografiese funksies; naslaanbron; operatiewe funksie; toegangsproses; toegangsroetes; toeganklikheid; toeristegids; toeristewoordeboek.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License