SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WASSERMAN, Herman. "Ons is nie so nie": Vryheid van spraak en die ontkenning van rassisme in die Afrikaanse pers. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.111-130. ISSN 2224-7912.

Die Afrikaanse nuusmedia, wat tydens apartheid grootliks as ondersteunende instellings vir apartheid gedien het, moes met die wending ná demokrasie aansienlike herposisionering ondergaan om aan te pas by die veranderende demokratiese politieke en sosiale omgewing. Hierdie verskuiwing het gepaard gegaan met 'n liberale konsensus in die nuusmedia in die algemeen waarvolgens daar in etiese kodes en professionale raamwerke sterk klem gelê is op individuele regte, onafhanklikheid van die media en vryheid van spraak. Gepaard hiermee het gegaan 'n poging van die Afrikaanse media om die lojaliteit van hoofsaaklik wit Afrikaanse lesers te balanseer met erkenning van die nuwe politieke magstrukture in die land. Hierdie normatiewe raamwerk het 'n invloed uitgeoefen op die manier waarop kulturele identiteit gekonstrueer is in nuusdiskoerse, naamlik as gekoppel aan individuele regte, vryheid van uitdrukking en gesitueer in 'n vryemark-verbruikersamelewing eerder as binne groepsverband. 'n Onlangse voorbeeld van 'n nuusdiskoers waaruit die Afrikaanse media se hantering van hierdie beginsels na vore kom, is die dekking van die insident op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat waar studente 'n video gemaak het van 'n rassistiese inlywingsritueel. Hierdie artikel poog om deur middel van 'n oorsigtelike ontginning van redaksionele kommentaar van geselekteerde Afrikaanse nuusmedia op die insident aan te dui hoe die gebeurtenis geïnterpreteer en aangebied is in terme van 'n raamwerk waarvolgens rassisme grootliks aangebied is as 'n individuele vergryp eerder as 'n sistemiese en histories-ingegewe probleem.

Keywords : Afrikaanse media; etiese kodes; nuusmedia; kulturele identiteit; liberale konsensus; normatiewe raamwerk; rassisme; Reitz-vier; rassistiese video; Universiteit van die Vrystaat; vryheid van spraak.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License