SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

FOURIE, Pieter J. 'n Terugkeer na die onderdrukking van vryheid van spraak? Ooreenkomste tussen die apartheids-regering(s) en die ANC se optrede teen die media. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.62-84. ISSN 2224-7912.

Die doel van die artikel is om resente ontwikkelinge in die verhouding tussen die African National Congress-regering en die Suid-Afrikaanse media te dokumenteer. In weerwil van die ANC se meer liberale opvatting oor die rol van die media in die samelewing en in 'n demokrasie, word die vrees uitgespreek dat daar 'n terugkeer mag wees na onderdrukkende mediaregulering soos wat dit onder apartheid bestaan het. Ná 'n kort inleiding oor die ANC se Mediahandves, wat gesien kan word as die basis vir die erkenning en waarborg van vryheid van spraak in die Grondwet, asook 'n kort beskrywing van belangrike progressiewe ontwikkelinge wat die media ondergaan het sedert die ANC aan bewind gekom het, word die vrees gesubstansieer met die dokumentasie van spesifieke voorbeelde van media-onderdrukking in die apartheidsera en van die ANC se huidige hantering van die media. Daar word in die besonder op die volgende gelet: dreigemente van verskerpte regulering, die aantasting van die onafhanklikheid van die openbare uitsaaier, die diskreditering van die media, dreigemente om eie media aan te skaf, vrae oor die professionalisme vanjoernaliste, en die aanhitsing van konflik tussenjoernaliste. Die artikel eindig met 'n waarskuwing dat die stryd vir die voortbestaan van vryheid van spraak voortgaan en dat hierdie reg ten alle koste verdedig moet word.

Palabras clave : Vryheid van spraak; sensuur; media regulering; interne media regulering; apartheid; African National Congress; Afrikaans; ideologie; rol van die media; mediareg; openbare uitsaaier; media-onafhanklikheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons